Afrikaans poem about praying in London
Wanneer dit skemer word in die stad,
sardyntjies treinhokkies vol stamp,
en tjailatyd-gasse my longe brand,
verkyk ek my na duisende mense.
Elkeen op sy missie.
Elkeen met sy doel (of daarsonder),
sy gedagtes, sy gewoontes, sy wense.
Dan wil ek jou vra om my hand te vat
want my fondasie is nat en my mure kraak.
Dan voel ek alleen,
sonder vriend,
sonder vyand,
sonder land.
Soms dink ek jy hoor my nie.
of... ons koneksie is afgesny. Die duiwel het die drade gesteel.
Daar is soveel wat ek wil weet,
soveel wat ek wil vra,
soveel wat ek wil doen!
Stilte is jou enigste antwoord.
'Bid broer!' het n gesegde geword.
'Bid vir my. Ek bid vir jou.' Doen jy?
Waarom is die nagte so stil? Die dae dood en onseker?
Dan herhinder iets my aan die brood en die beker.
Die feit day jy jouself gegee het vir my.dat jy verneder was,
en net geduldig wag
om my vriend te wees,
my herder, my krag.
Ek kry skaam dat ek ongeduldig opgehou het om te vra.
Dat ek uit hoogmoed uit, vergeet het om dankie te sê,
want nog n rooi bus glip naalskraap verby
en jy het weereens my lewe gered.
Wat anders kan ek bieg as dit:
Geloof. Geduld. Gebed.
As ek besef dat jy nog altyd daar was,
as ek jou mail via amen.com,
Wanneer jy my vriend word, wanneer jy in die skare saamdrom,
en ons saam rooiwyn drink.
Dan is dit lewenswater wat jy in my glas skink.
Dan weet ek day jy my nooit sal vergeet nie!
Solank ek onthou om nie op te hou WEET nie.
Weet dat in die ure van benoude vrees en stille rus,
ek kan bid, en weet waar my Vader is.
(on behalf of Lindie van der Heever, West London - inspired by the 40 days of focussed prayer)
No comments:
Post a Comment